Our Story – Press

“Lady Godiva” wakes up Clarens!!

CLARENS – Vanessa Faarking Jarvis (48) vertel aan FiND iT van die wonderlike nuwe produk wat sy ontwerp het om beskadiging op haar vel te voorkom. Na jare se sonbeddens en ure lank se in die son lê, het sy uiteindelik besluit om ‘n gesonder manier te kry om haar vel bruin te maak. Hierdie produk is ‘n tipe sproei wat jy op ‘n gereelde basis in jou neus sproei om jou vel op ‘n natuurlike manier bruiner te laat voorkom. Volgens Jarvis is die enigste newe-effekte van hierdie produk ‘n verhoogde libido en ‘n onderdrukte eetlus.

Sy het Donderdag heeltemal kaal op ’n spierwit perd deur die middedorp in Clarens gery om haar oorwinning in haar stryd teen kanker te vier. Sy sê sy wou iets so ernstigs soos kanker neem en die mense laat glimlag oor die oorwinning daarvan. Sy het die plaaslike perdeoppasser, Thabo, gevra om die wit perd te leen vir haar tog deur die dorp.

Jarvis het op 13-jarige ouderdom haar eerste noue ontkoming met die mes gehad. Jenkins het haar lewe lank in die son deurgebring en wanneer sy nie in die son kon wees nie, was sy op sonbeddens.

In 2014 ’n basale selkarsinoom op haar rug ontdek. Hierdie selkarsinoom het netjies op haar rugmurg gaan sit en moes chirurgies verwyder word tydens twee operasies.

Jarvis vertel hoe sy na die operasies dagga-olies begin gebruik het en sy voel dis merendeels die rede vir die feit dat sy nou heeltemal genees is.
Jarvis het besluit om haar eie besigheid te begin, waar sy dagga-olie en ander genesende middels aan die gemeenskap in Clarens bied. Met die stigting van haar besigheid en haar geskiedenis met die son en skadelike UV-strale van ‘n sondbed, het sy besluit om hierdie produk te ontwerp.

“Dit het my misvorm en vol littekens gelaat, maar ek kan loop en leef om my verhaal te vertel.”

Volgens Jarvis het sy meer ondersteuning gekry as haat en waardeer sy die aanmoediging baie. Sy wil graag haar oorwinning met die wêreld deel en so hoop gee aan ander mense daarbuite wat deur dieselfde moeilikhede gaan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *